Annie reviews

The first reviews are in and they’re overwhelmingly positive!!

ANNIE

Directed by Kyla Thorburn for Cape Town Gilbert & Sullivan Society.

Musical Director Alastair Cockburn

Artscape Opera House until Sunday 5 December.

Bookings. Computicket and Dial a Seat : 021 421 9695.

Lieske Bester reviews the BIG APPLE cast.

The opening night’s outstanding performance of this warm and wonderful evergreen made me marvel again at the talent that proliferates among dedicated actors, singers and dancers who contribute to the success of a production purely for the love of their craft and the performing arts in general. Without so called community theatre the South African entertainment scene would indeed be a lot poorer.

We are also lucky to be able to avail ourselves of professional technical and other backstage support, as well as the use of a world class theatre.
In the case of a musical, a first rate orchestra and a highly skilled conductor make for a grand show and Alastair Cockburn and Bill Holland add light and shade, glitz and glamour to ANNIE.

Dicky Longhurst’s set designs are out of this world but true to the period, Penny Simpson’s costume designs are simply amazing in quality and quantity and Alison King & team have produced a wealth of authentic props.

All of the above would miss the point if it was not guided, co-ordinated and nurtured by a director with exceptional creativity and stamina. Not for the first time, Kyla Thorburn proves to be just that and as in THE KING AND I, she does it twice over (NEW YORK being the alternative cast). Choreography of the (very large) chorus is her own, and Roxy Levy’s choreography throughout is notable for its energy and originality.

The cast is good to excellent – including the scene stealing mutt!

The chorus sparkles – individually in various roles and combined in sundry locations.

The orphans are gutsy, riotous and appealing and deserved every bit of the applause their appearances sparked.

Patric Jordi’s Lt. Ward and Bert Healy are delightfully different in demeanour and vocal delivery, and Michael Harris’s Roosevelt is an affable and admirable president.

David Bolton plays the rascally Rooster Hannigan to the hilt – splendidly matched by his less than lady like Lily (Jennifer Moss).

There can hardly be more contrasting females than the habitually drunk Miss Hannigan and the elegantly feminine Grace Farrell. Both performances are brilliant. Coleen van Staden’s Dickension matron of the orphanage lurches around in a surfeit of spirits and discontent, belting out the raucous vocals.

Julie Harris is composed, blonde and beautiful with a glorious voice and a matching smile. The perfect secretary (for the time being), she is a gentle and caring source of comfort to Annie.

In the leading role of Daddy Warbucks Shaun Browne’s singing voice gained in strength and confidence and his characterisation pleasingly blended pride in his position of power with the evolving affection for his young guest.

And then of course there is little Annie herself. Julia Holzberg was a joy to watch as she captured the self assurance and lovable stubbornness of the 11-year old orphan.

Her rendition of the almost over-familiar Tomorrow was beautifully and poignantly vocalized – especially in the reprise at the Oval Office.

I loved the wealth of detail. The sullen technician in the radio station and the toothpaste girls in the same scene; Annie’s drawing obliterating the Mona Lisa, the diversity of the Hooverville homeless and the New York crowd; the telephones in Warbuck’s office; the chorus line on the cinema screen; the monochromatic and semi-robotic Oval Office meeting. These are just some of the highlights, culminating in the finale, which looks like a giant Christmas card complete with tinsel snowflakes.

The simple and heart warming story line is spectacularly amplified in its musical treatment and ANNIE should not be missed. I cannot think of a better early Christmas or any other present than a ticket to this show.

ANNIE

deur Tom Meehan, Charles Strouse en Martin Charnin

met Julia Holzberg, Shaun Browne, Julie Harris, Coleen van Staden, Jennifer Moss, David Bolton, Patrick Jordi, Mike Michael Harris en ‘n skare ander.

Regie: Kyla Thorburn; musiekregisseur Alastair Cockburn; choreograaf Roxy Levy.

‘n Aanbieding van die Gilbert en Sullivan-vereniging in die Kunstekaap Opera.

Resensie: Danie Botha

Ná die ovasie op openingsaand stap ek uit die operahuis en wil net almal groet of ten minste saam met hulle glimlag ná die wonderlike aand. (Ek skryf dit nie vir effek nie. Werklik, dit was so. Vra my gas die skoolmeneer. Hy sal nie jok nie.)

In Afrikaans sukkel ons soms om “musical” te vertaal. Maar hier het ons nou beslis te doen met ‘n “musiekblyspel”. Dis ‘n opbeurende werk oor die optimisme van ‘n elfjarige rooikoppie wat daar in die weeshuis gló haar ouers sal haar nog kom haal soos hulle in 1922 beloof het. Al is dit nou al 1933. Ná vele avonture stuur alles af op ‘n glansryke, blye Kersfeesviering. Niemand minder as gedugte president Franklin D. Roosevelt (Michael Harris) gaan daar wees.

Die Gilbert en Sullivan-vereniging bied hier optreekans vir ‘n reuseskare. Dis dansers en koorlede wat telkens van kostuums verander; dis hoofspelers én hulle instaanspelers, en dan het ons boonop twee rolbesettings: die New York-span en dié van die Big Apple (wat ek beleef het).

Kyla Thorburn se ervaring as choreograaf kom haar goed te staan in haar regie. Die gesigspel, die groepering, die bewegings, die sangintensiteit – dis alles so duidelik omlyn, reg geaksentueer, afgerond. Die aanbieding is nugter, humoristies; raak nooit kondensmelksoet nie. Dinge gebeur en kry klaar. Jy volg die intrige met gemak.

Wat my laat dink dat dit ook beslis met kinders sal werk. Dis asof Thorburn hulle beslis ook in gedagte gehou het. Dit is met ander woorde gesinsvermaak by uitnemendheid; so maklik verstaanbaar. Ag, die gewese Sondagskoolonnie in my wil hê ek moet die ouers, grootouers en die tannie en omie van langsaan tog aanraai om die jonges van 2010 voor te berei dat kinders van 1933 op hulle boude geraps is. Gelukkig is daar in elk geval ‘n dawerende oorwinning oor die aaklige ou mens wat sulke dinge aan Annie (Julia Holzberg) en haar weeshuismaats doen: die ou “nimfomaniak” Miss Harrigan met haar alewige drankbottel en fluitjie (‘n onherkenbare Coleen van Staden).

Jy kan jou verkyk aan Dicky Longhurst se uitvoerige dekorstelle. Hy neem jou na die rookmiswêreld waar die armes probeer oorleef; dan weer na die woning van biljoenër Daddy Warbucks (Shaun Browne) met al die “egte” kunsskatte. Of daar is die hipernetjiese radioateljee waar Warbucks ‘n beloning aankondig vir Annie se ouers om na vore te kom. Ja, dis so netjies, want hier’s ‘n moeilike man met kruisbande in beheer wat nie gemors duld nie; hy laat jou aan Steve Hofmeyr dink. Dis ‘n figuranterol, en sonder dat jy ‘n woord hoor, word hy dadelik ‘n karakter en ‘n teenwoordigheid.

Kostuumontwerper Penny Simpson skep nog baie sulke karakteriserings. Die mense se drag plaas hulle dadelik vir jou in hulle stand, beroep, karakter. Dink maar aan die regsgeleerde in sy toga en kierie; die kabinetslede, ens. Ek het net een keer geglimlag oor Simpson se werk: Voor in die teater hoes en proes ons van die rokerigheid waar die straatmense toustaan vir kos. Maar dan besef ek meteens: hulle is nie arm nie; daai jasse en baadjies kom van Woolworths en Edgars, man. Hulle kon darem gerus meer miserabelik aangetrek gewees het.

Op die openingsaand was die klank nie altyd perfek nie. Veral die begin van tonele waar daar nog nie gesing word nie, maar net gepraat, was die spraak moeilik hoorbaar. Shaun Browne se stem het ‘n keer of wat ‘n “boaardse” eggo-effek gekry. Het die klankversorging iets te doen met die ylheid van die koorklank hier en daar?

Dit was ‘n aand van talle tonele wat ‘n mens sal onthou. Ek noem ‘n paar en staan by een stil.

President Roosevelt en sy kabinet onderhandel oor die benouende landstoestande en Annie vroetel eers rond, gaan kyk dan uit by die roomkleurige venstersrame, en skielik klink haar dogtertjiestem op met die inspirerende “Tomorrow”. Dis asof jy kan sién hoe verander die gemoedstoestande. (Wonderlik hoe ‘n simpatieke dirigent Alastair Cockburn deurgaans is.)

Die samespel tussen die drie “skurke” is uitstekend. Miss Hannigan kan haar uitbundige, uitgeslape broer, Rooster (David Bolton) se jongste verowering Lily St. Regis (Jennifer Moss) nie verduur nie en toon dit op ‘n skreeusnaakse manier. Lily met haar knakbare lyfie en die lewensgenieter van ‘n Rooster stap saam met Hannigan so reg uit ‘n MGM-musiekrolprent in “Easy Street”.

Die groep weeskinders het tereg op openingsaand luide applous gekry vir hulle danse. Een paar voetjies wat so blitsig tussen ‘n ander s’n in en uit gaan! Choreograaf Roxy Levy se wye ervaring van werk met kinderdansers blyk duidelik hieruit.

Dan ‘n magiese toneel. Daddy Warbucks en sy sekretaresse Grace Farrell (Julie Harris) het vir Annie bioskoop toe geneem. Hulle het nie een van die talle motors gebruik nie. Hulle stap deur ‘n verlate straat. Warbucks dra die slapende Annie en sing pragtig ‘n slaaplied vir haar. Browne kry deeglik ‘n kontras tussen die geharde sakeman, met ‘n erg gebrekkige kennis van kinders (“Gee vir die kind drank!”) en dan die begripvolle vertedering. Hy sal ‘n paar keer jou gemoed raak met dié vermurwende sang.

Hulle gaan af. Pouse, pouse. En hier kom hy op! Ons het hom al gesien waar hy so lekker by die sopkombuis voor Annie eet en hoe sy skielik ‘n naam vir hom moet bedink toe luitenant Ward (Patrick Jordi) vrae kom vra. Dis ou Hobbes as Sandy! Hy kom alleen-alleen op. In die middel van die verhoog steek hy vas, kyk terug, kyk vorentoe en draf af aan die oorkant. Pouse, pouse. Aha, moes geweet het! Hier kom Sandy se agtervolger, luitenant Ward.

Luitenant Ward gee ‘n “alles reg”-teken met die vinger vir ‘n verbyganger. Of vir die gehoor. Ek doen dit ook vir hierdie musiekblyspel. By wyse van spreke.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s